Wie Is Ons
Kom Bereik Nuwe Hoogtes In Jou Geestelike Lewe

Oor Ons

By die Volle Evangelie Kerk staan ons deure oop vir mense uit alle arreas van die samelewing, ongeag waar hulle op hul geloofspad is.

Ons werk almal saam om die kerk te word wat in die Bybel uiteengesit is, een wat fokus op relevante prediking, opregte aanbidding, opregte vernootskappe, daaglikse gebed en medelye met behoeftiges. 

Kortom, ons wil ‘n aansteeklike soort Christendom hê wat die hele wêreld, een lewe op ‘n slag, sal beïnvloed.

As u dus ‘n geestelike ontdekkingsreisiger is wat pas ‘n nuwe pad begin het en vrae het oor God of ‘n groeiende Christen is wat die wortels van u geloof wil versterk, is Die Volle Evangelie Kerk Krugersdorp Wes die plek vir u.

Dit is waar ons nuwe hoogtes bereik in ons verhoudings met God, ons gesinne, ons eweknieë en ons gemeenskap. Ons verwelkom u om Sondae saam met ons te kom aanbid!

In tussen vind u hier alles wat u benodig om na ons Volle Evangelie Kerk – webdienste in te skakel. U kan hierdie platform gebruik om meer te wete te kom oor ons verskillende bedieninge, deur na een van ons naweekdienste te luister, na te gaan oor ons sell groepe en op hoogte te bly van wat in ons gemeente aan die gang is.

Geniet dit, en indien u enige probleme het, kontak ons gerus.

Ons Visie

Om met entoesiasme Krugersdorp te bedien met die doel om die Volle Evangelie Kerk Krugersdorp Wes ‘n gemeente te maak waardeur God altyd verheerlik sal word.

Ons Missie

  • Dinamiese woordbediening
  • Passievolle aanbidding
  • Effektiewe bedienninge te identifiseer, te ontwikkel en uit te leef
  • Evangelisasie binne en buite die vier mure van die gebou
  • Gemeenskap bewustheid
  • Herderlike versorging van lidmate

Psalms 91:1-2

” Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.”