Belydenis

Ek lewe in voorspoed en is gesond (3 Joh 1:2).

Ek is die kop en nie die stert nie (Deut 28:13).

My lewe is in die Here se hande, soos klei in die pottebakker se hande (Jer 18:6).

Ek is kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte (Eff 6:10).
God het planne vir my van voorspoed en vrede vir die toekoms (Jer 29:11).

Ek is in die skuilplek van die Allerhoogste God en ek vernag in Sy skaduwee (Ps 91:1).

Die Here is my toevlug en bergvesting en ek vertrou op Hom (Ps 91:2)

Die Here dek my met Sy vlerke en onder Sy vleuels skuil ek (Ps 91:4).

Duisend mag val aan my sy en tienduisend aan my regterhand en dit sal na my toe nie aankom nie (Ps 91:7).

Geen onheil sal my tref en geen plaag sal naby my tente kom nie (Ps 91:10).

 

Vir Meer Belydenisse, Download Die Volle Dokument Hier.