God Se Beloftes

Num 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie, of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie.  Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?

2 Kor 1:20 Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.

Ps 119:89 Vir ewig o Here staan U Woord vas in die hemele.

Ps 89:35 Ek sal My verbond (Woord) nie ontheilig nie, en wat oor My lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.

Ps 46:2 God is vir ons ‘n toevlug en sterkte, as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.

Jes 62:6-7 6) O Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie.  O julle wat die Here herinner aan Sy beloftes – moenie rus nie.

7) en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot ‘n lof op aarde.

Jer 1:12 Toe sê die Here vir my:  Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my Woord om dit te volbring.

SFB You have seen well, for I am ready (watching, alert, to be sleepless) to perform My Word.

Spr 18:21 Dood en Lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik sal die vrug daarvat eet.

Matt 12:37 Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.

Mark 11:23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg :  Hef jou op en werp jou in die see – en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê sal gebeur – hy sal verkry net wat hy sê.

Matt 21:19 en Hy sien ‘n vyeboom langs die pad en gaan daarnatoe; maar Hy het niks daaraan gevind nie as net blare alleen; en Hy sê vir hom:  Laat daar uit jou tot in ewigheid nooit weer ‘n vrug kom nie!  En onmiddellik het die vyeboom verdroog.

Matt 21:21 En Jesus antwoord en sê vir hulle:  Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie, maar al sê julle ook vir hierdie berg;  Hef jou op en werp jou in die see – sal dit gebeur.

Vir Meer Beloftes, Download Die Volle Dokument Hier.